Menslike migrasie

Netto migrasiekoerse vir 2016: positief (blou), negatief (oranje), stabiel (groen) en geen data (grys)

Menslike migrasie is die beweging van mense van een plek na 'n ander met die doelwit om hulself permanent in die nuwe plek te vestig. Die beweging is dikwels oor lang afstande en van een land na 'n ander, maar interne migrasie is ook moontlik; trouens, dit is wêreldwyd die grootste soort migrasie. Migrasie kan deur individue, familie-eenhede of in groot groepe wees.[1]

Nomadiese bewegings word normaalweg nie as migrasie beskou nie aangesien daar geen bedoeling is om hulle in die nuwe plek te vestig nie omdat die beweging gewoonlik seisoengebonde is. Net enkele nomadiese mense het in die moderne tyd behou nog dié soort lewenstyl. Die tydelike beweging van mense vir die doel om te reis, toerisme, pelgrimstogte of pendel word ook nie as migrasie beskou nie, omdat daar ook nie 'n bedoeling is om hulle in die plek wat besoek word te vestig nie.

  1. "Migrations country wise" (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 7 Junie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search